Eloffsdal Advent Sentrum fokus om ‘n impak te maak in die Moot omgewing deur die hoop van Christus se wederkoms te verkondig met Bybelwaarhede wat mense se geloof en lewens versterk. Ontdek die betekenis van volkome rus soos verwoord op hierdie webblad.

 
SharedScreenshot.jpg

Ons Geloofsbelydenis | 28 fundamentele leerstellings

Sewendedag Adventiste aanvaar die Bybel as die enigste bron van ons oortuigings. Ons beskou ons beweging as die resultaat van die Protestantse oortuiging Sola Scriptura – die Bybel as die enigste standaard van geloof en praktyk vir Christene.


csm_icon-spirituality_57174d0eb6.png

My God se liefde is onbeperk

Baie het al probeer om te bepaal wat behels die basis van die menslike bestaan. Vir sommige is dit om geken te word en vir ander is dit om bemin te word. Vir baie is dit om 'n blywende indruk te laat in die wêreld sodat die impak van hul lewens sal voortgaan om betekenis te hê vir ander.

 
csm_icon-service_ad0c4644ee.png

My Lewe is 'n kosbare geskenk van God

Toe die Skepper die asem van die lewe in die neus van die eerste ouers van die aarde ingeblaas het, was hierdie daad om menslike lewe te gee, die hoogtepunt van 'n groter werk. 'n Omgewing is eers geskep wat alle menslike sintuie sal stimuleer. Elke dag beleef ons tonele, geluide, smaak en reuke en tog ervaar ons dat hierdie herhaalde belewenisse geensins hulle trefkrag en wonder laat afneem nie.

 
csm_icon-vitality_52080eefed.png

My Wêreld is 'n bron van hoop vir die mensdom

Hoe het Jesus aan Sy dissipels getoon hoe vêr Sy liefde sou gaan? Deur Sy bo-kleed uit te trek, ‘n doek om sy middel vas te maak en van dissipel tot dissipel te gaan om hulle voete te was. (Johannes 13: 1 - 5)

 
city-clouds-coin-operated-binoculars-94651.png

Christus vir die gemeenskap

Ons wil ’n gemeente wees wat werklik ’n verskil in ons gemeenskap wil maak, om nie net Jesus te deel met die gemeenskap nie maar ook om soos Jesus tot almal uit te reik. Die vraag wat baie keer gevra word, is: “Gaan die gemeenskap die kerk mis sou hy oornag afbrand?” - In antwoord op die vraag het ons besluit om ons fokus so te plaas sodat ons ‘n direkte impak maak binne ons gemeenskap met Christus as ons Leidsman en Voorbeeld.

 

8+

TyDperk Aktief

Eloffsdal Advent Sentrum is 6 jaar aktief. Die gemeente het ontstaan na die kerklidmaat getalle tot so mate gegroei het dat die Gezina kerklokaal nie meer voldoende was nie. Gezina gemeente was 30+ jaar aktief as Sewendedag Adventiste kerk vir die Moot area.

 

110+

Gemeentelede

Eloffsdal Advent Sentrum is ‘n gemeente met lede van verskillende ouderdomsgroepe en diverse agtergrond. Hierdie verskille maak dit moontlik om brûe te bou en na mekaar uit te reik. Die gemeente het nog baie ruimte vir nuwe lede en fokus sterk op evangelisasie om die koninkryk van God uit te brei.

 

15+

nuwe dopelinge elke jaar

Eloffsdal Advent Sentrum bied verskeie evangelisasie programme aan, onder andere, Bybelstudies, seminare, DVD verspreidings en huisbesoeke om mense te leer van Jesus en die Woord van God.

 

Bedieninge

 

Baanbrekers

Eloffsdal klub vir avontuurlustige kinders maak deel uit van ‘n wêreldwye organisasie wat ryk is aan geskiedenis, ervaring, hulpbronne en passie vir kinders en die evangelie. Die doel is om kinders aan God bekend te stel en hulle te lei na geestelike volwassenheid, groter algemene kennis, handvaardighede en die ontwikkeling van sosiale vaardighede terwyl hulle hope pret saam het.
Lees meer

PLOT 111

Plot 111 is geleë op die Moloto pad. Hier bly Afrikaners wat deur Volkshulp en ander organisasies gesteun word. Daar is min of meer 100 inwoners. Eloffsdal doen twee uitreike per jaar (Julie en Desember) saam met Wit Plakkers Inisiatief (WPI). Die evangelie word deur middel van opheffings asook welsynsprogramme uitgedra.


DVD Bediening

Die oogmerk van die DVD Bediening Evangelisasie Projek van die Sewendedag Adventiste Kerk is om die Moot area geestelik op te bou deur middel van die sistematiese huis tot huis verspreiding van DVDs. Die fokus is om die nimmer eindigende liefde van God vir al Sy kosbare kinders duidelik na vore te bring, asook om die spoedige wederkoms van Sy Seun, Jesus Christus, met oortuiging te verkondig.
Lees meer

 

Sub-organisasies

 

ADVENTIST WORLD RADIO

AWR saai die Advent hoop in Christus uit aan die mense van die wêreld in hulle eie tale deur gebruik te maak van die mees doeltreffendste media. Radio oorbrug die grense van regeringsbeperkings, kulturele teenstand, ongeletterdheid en geografiese ligging. AWR gebruik kortgolf radio, nasionale radio netwerke, plaaslike FM radio stasies, potgooie en sonkrag aangedrewe spelers met vooraf opgeneemde materiaal.
Lees meer

ACB | Boek- en Gesondheidswinkel

Adventist Christian Bookshop (ACB) is 'n Adventiste Boekwinkel, geleë in Eloffsdal, Pretoria. Ons bestaan vanaf November 2013 en alhoewel ons steeds klein en persoonlik is, het ons reeds uitgebrei en voorsien ons gesondheid produkte en Skrifgesentreerde Christelike boeke aan klante. Besigheidsure is as volg: Maandae tot Donderdae:  07:30 - 17:30 |Vrydae:  07:30 - 13:00 | 1ste Sondag van elke maand: 09:00 - 12:00.
Lees meer

Alfa-Eden Opvoedingsentrum

Alfa-Eden Opvoedingsentrum is trots om Christelike onderwys in Afrikaans te bied aan inwoners van die Pretoria omgewing. Kinders ontvang persoonlike en gespesialiseerde onderwys. Hier is kinders meer as net ‘n nommer, hier is hulle die prioriteit. Gebruik gerus onderstaande skakels om meer inligting oor die betrokke afdeling te bekom.
Lees meer
Lees meer: Kleuterskool
Lees meer: Tutorsentrum


 
Lr. Roedolf Basson - Eloffsdal Advent Sentrum

Lr. Roedolf Basson

In Desember 1992 gradueer Lr. Roedolf Basson met 'n Teologie graad by Helderberg Kollege. Daarna is hy na die Suid-Afrikanse Weermag as kapelaan om sy diensplig jaar te voltooi. Hy was ook deeltyds betrokke by die Noordelike Konferensie wat toe nog bekend gestaan het as die Transvaal Konferensie. Hy betree voltyds die pastorale bediening in Januarie 1994 en in 1995 trou hy met die liefde van sy lewe Lizelle. Uit die huwelik word 2 kinders gebore - hulle seun Charlmon, ‘n Ingeneurswese Student aan die Universiteit van Johannesburg, en hulle dogter Temike, ‘n leerling aan die Hoërskool Garsfontein. Lizelle gee onderwys by Presda Laerskool, ‘n Sewendedag Adventiste skool.

Deur God se groot genade bedien hy nou al 25 jaar verskeie kerke, waarvan die laaste 10 jaar by Filadelfia gemeente was. Sy Verlosser Jesus Christus, sy gesin en die vrye natuur is die belangrikste fasette in sy lewe. Dit is vir hom ‘n passie om mense in ‘n lewende verhouding met Jesus te bring sodat hul geloofsekerheid kan ervaar. Hy beskou homself as 'n praktiese mens wat probeer om die evangelie op 'n eenvoudige, maar kleurvolle en toepaslike wyse uit te beeld. Sy preke bevat baie illustrasies oor lewenslesse en lewenservaringe. Hy het al verskeie seminare oor die boek Openbaring en die Karakter van God aangebied. Hy glo dat ons leef op die drumpel van Christus se wederkoms en dat ons ten alle koste, as ‘n eenheid moet strewe om Hom te ontmoet.

 

Word betrokke

 

Teken in vir BybelStudies

Aktuele studies wat u kennis sal verbreed en u verstand sal voed. Ons bybelwerkster/werker sal u stap vir stap lei deur die studies by u tuiste.

Bestel gratis Christelike DVDs/CDs

Insiggewende DVDs wat u bybelkennis sal verryk en Jesus sal openbaar in die 21ste eeu. Ons DVD Bediening versprei gratis DVDs van verskeie geestelike onderwerpe.

Kontak ons

Ons sien uit na u oproep en navrae. Die Eloffsdal Advent Sentrum personeel help graag!

Adri Roux (Sekretaresse) - (074) 791 5856

Besoek ons

H/V Fred Nicholson Straat & 8ste Laan | Eloffsdal | Pretoria

Dienstye

Sabbatskool - Saterdae 09:15
Erediens - Saterdae 11:00