My Lewe is 'n kosbare geskenk van God

Toe die Skepper die asem van die lewe in die neus van die eerste ouers van die aarde ingeblaas het, was hierdie daad om menslike lewe te gee, die hoogtepunt van 'n groter werk. 'n Omgewing is eers geskep wat alle menslike sintuie sal stimuleer. Elke dag beleef ons tonele, geluide, smaak en reuke en tog ervaar ons dat hierdie herhaalde belewenisse geensins hulle trefkrag en wonder laat afneem nie.

Menslike intelek van die grootste tot die eenvoudigste word voortdurend beproef in 'n poging om ons heelal te verstaan. Die skepping het 'n oorvloed van voedsel voorsien. Ons behoefte aan voedsel is nie net bevredig nie, maar voeding vorm ook die konteks vir vreugde en gemeenskap.

Verhoudings van liefde en wedersydse respek was nog altyd deel van ons Skepper se plan vir ons. In die harmonieuse balans tussen 'n gesonde verstand, 'n sterk liggaam en betekenisvolle verhoudings wat 'n vreugdevolle gees tot gevolg het, beleef Sewende-dag Adventiste vitaliteit op sy beste.

Ons leef ongetwyfeld in 'n wêreld wat weggebreek het van die oorspronklike plan van die Skepper. Die gaping tussen waar ons bedoel was om te wees en waar ons ons wêreld en onsself tans vind, word sonde genoem.

Die goeie nuus is dat dieselfde krag wat ons wêreld geskep het, 'n oplossing vir die probleem van sonde geskep het: Jesus. Hy is die een wat gesê het: "Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê." (Johannes 10:10).

Sewende-dag Adventiste glo dat, alhoewel ons in 'n gebroke wêreld leef, ons nog lewens kan hê wat lewenskragtigheid weerspieël.

U word uitgenooi om meer te leer oor wat ons verstaan rakende die doel van 'n gesonde liggaam, 'n verligte intellek en 'n vreugdevolle gees wat in gesonde verhoudings weerspieël word.