Missie & Visie

“Christus vir die gemeenskap”

city-clouds-coin-operated-binoculars-94651.png

Ons wil ’n gemeente wees wat werklik ’n verskil in ons gemeenskap wil maak, om nie net Jesus te deel met die gemeenskap nie maar ook om soos Jesus tot almal uit te reik.  

Die vraag wat baie keer gevra word, is: “Gaan die gemeenskap die kerk mis sou hy oornag afbrand?”

In antwoord op die vraag het ons besluit om ons fokus so te plaas sodat ons ‘n direkte impak maak binne ons gemeenskap met Christus as ons Leidsman en Voorbeeld.

Om ons visie suksesvol te bereik het ons die volgende 5 faktore nodig om dit moontlik te maak:

1. Inreiking

Tot ons eie broers en susters in die geloof om ’n nouer verhouding met die Here te kweek.

2. Uitreiking

Tot dié wat honger is na gemeenskap met Christus en dors na Sy Woord.

3. Gebed

Deur ’n lewendige kommunikasie lyn na Christus te behou en deur voorbidding vir mekaar te doen.

4. Samewerking

Eenheid in die kerk is krities om die werking van die Heilige Gees in ons te hê om sodoende in harmonie en liefde saam te staan.

5. Toerus / Oplei

Om te streef daarna om mense op te lei en te bemagtig om effektief is Sy wingerd te kan werk.