12+
TyDperk Aktief
Eloffsdal Advent Sentrum is sedert 2013 aktief. Die gemeente het ontstaan na die kerklidmaat getalle tot so mate gegroei het dat die Gezina kerklokaal nie meer voldoende was nie. Gezina gemeente was 30+ jaar aktief as Sewendedag Adventiste kerk vir die Moot area.
110+
Gemeentelede
Eloffsdal Advent Sentrum is ‘n gemeente met lede van verskillende ouderdomsgroepe en diverse agtergrond. Hierdie verskille maak dit moontlik om brûe te bou en na mekaar uit te reik. Die gemeente het nog baie ruimte vir nuwe lede en fokus sterk op evangelisasie om die koninkryk van God uit te brei.
15+
nuwe dopelinge elke jaar
Eloffsdal Advent Sentrum bied verskeie evangelisasie programme aan, onder andere, Bybelstudies, seminare, DVD verspreidings en huisbesoeke om mense te leer van Jesus en die Woord van God.
Sub-organisasies
ADVENTISTe WÊreld RADIo Afrikaans
AWR saai die Advent hoop in Christus uit aan die mense van die wêreld in hulle eie tale deur gebruik te maak van die mees doeltreffendste media. Radio oorbrug die grense van regeringsbeperkings, kulturele teenstand, ongeletterdheid en geografiese ligging. AWR gebruik kortgolf radio, nasionale radio netwerke, plaaslike FM radio stasies, potgooie en sonkrag aangedrewe spelers met vooraf opgeneemde materiaal.
Lees meer
Alfa-Eden Opvoedingsentrum
Alfa-Eden Opvoedingsentrum is trots om Christelike onderwys in Afrikaans te bied aan inwoners van die Pretoria omgewing. Kinders ontvang persoonlike en gespesialiseerde onderwys. Hier is kinders meer as net ‘n nommer, hier is hulle die prioriteit. Gebruik gerus onderstaande skakels om meer inligting oor die betrokke afdeling te bekom.
Lees meer
Lees meer: Kleuterskool
Lees meer: Tutorsentrum