Sabbat

Die sabbat is God se geskenk vir ons. 'n Tyd van rus en vernuwing in ons verhouding met God en ons medemens. Dit herinner ons aan God se skepping en Jesus se genade.

Na ses dae van skeppingswerk het die Skepper op die sewende dag gerus en die Sabbat vir alle mense as gedenkteken van die Skepping ingestel. Die vierde gebod van God se onveranderlike wet vereis dat die sewendedag-Sabbat as ‘n dag van rus, aanbidding en bediening gevier moet word in ooreenstemming met wat Jesus, die Here van die Sabbat, geleer en gedoen het. Die Sabbat is ‘n dag van genotvolle gemeenskap met God en met mekaar. Dit is ‘n simbool van ons verlossing in Christus, ‘n teken van ons heiliging, ‘n bewys van ons trou en ‘n voorsmaak van ons ewige toekoms in die koninkryk van God. Die Sabbat is God se voortdurende teken van Sy ewige verbond met Sy volk. Die vreugdevolle onderhouding van hierdie heilige tyd van aand tot aand, sononder tot sononder, is ‘n viering van die skeppings- en reddingsdaad van God (Gen. 2:1-3; Ex. 20:8-11; Luk. 4:16; Jes. 56:5, 6; 58:13, 14; Matt. 12:1-12; Ex. 31:13-17; Ese. 20:12, 20; Deut. 5:12-15; Heb. 4:1-11; Lev. 23:32; Mar. 1:32).


COVID-19

Na aanleiding van vlak 1 regulasies keer ons terug na gewone dienstye. Geen besprekings nodig nie.

Saterdag

SABBATSKOOL - 09:15
EREDIENS - 11:00
 

 

Eloffsdal Advent Sentrum
H/V Fred Nicholson & 8Ste Laan
Eloffsdal |Pretoria