My Wêreld is 'n bron van hoop vir die mensdom

Hoe het Jesus aan Sy dissipels getoon hoe vêr Sy liefde sou gaan? Deur Sy bo-kleed uit te trek, 'n doek om Sy middel vas te maak en van dissipel tot dissipel te gaan om hulle voete te was. (Johannes 13: 4 - 5)

Die hoogste bewys van liefde is om te dien.

Dikwels tot ons eie ongemak, terwyl selfgedrewe agendas opsy geplaas word, leef ons ons plig uit tot die welsyn van ander.

Die lewe veroorsaak dikwels pyn vir ons medeburgers van hierdie wêreld. Dit kan 'n gemeenskap laat sonder skoon water, 'n kind sonder toegang tot onderwys of dit mag 'n ma wat sukkel om te sorg vir haar kinders oortuig dat daar geen hoop meer is in hierdie wêreld.

Die Gees van God inspireer elke dag mense om in onbaatsugtigheid en selfopoffering op te tree, om die wêreld te verander van 'n plek van hopeloosheid na een van hoop.

Sewendedag Adventiste glo dat die vermaning om God lief te hê met al jou verstand, hart en siel natuurlik sal lei tot die toewyding om jou naaste lief te hê deur dade van vriendelikheid en diens.

U word uitgenooi om sommige van die maniere te ontdek waarmee ons probeer om die wêreld te verander. Meer as dit, word u genooi om by ons aan te sluit en te ontdek hoe God die wêreld deur ú wil verander.