Toekoms

Eloffsdal & AWR.png

Eloffsdal Advent Sentrum het ‘n blink toekoms met die ontwikkeling en aanbou van ‘n sentrum vir digitale evangelisasie wat die Advent hoop in Christus deel met verskeie lande en tale. Hierdie sentrum se oogmerk is om ultramoderne fasaliteite te bied vir evangeliste om stemopnames te kan maak, individue te bereik deur middel van digitale kanale en konferensies/vergaderings te hou. Eloffsdal Advent Sentrum vat hande met Adventist World Radio (AWR) om hierdie projek ‘n sukses te maak. AWR saai die Advent hoop in Christus uit aan die mense van die wêreld in hulle eie tale deur gebruik te maak van die mees doeltreffendste media. Radio oorbrug die grense van regeringsbeperkings, kulturele teenstand, ongeletterdheid en geografiese ligging. AWR gebruik kortgolf radio, nasionale radio netwerke, plaaslike FM radio stasies, potgooie en sonkrag aangedrewe spelers met vooraf opgeneemde materiaal.

Adventist World Radio

Voorlegging

Sien gerus onderstaande voorlegging en word saam opgewonde oor die nuwe geleentheid om die goeie nuus oor Jesus met ander te deel!


Vordering 2021-2022

NUUS

AWR is baie opgewonde, positief en beïndruk met die fasiliteite, die hoeveelheid belangstellendes wat by die vergaderings was en die projek as geheel. Hulle het volkome vertroue en geloof in God dat hierdie projek sal slaag.

Hierdie internet gebaseerde stasie is op die ou-end geheel en al Eloffsdal se radiostasie vir ons gemeenskap met die doel om siele in ons omgewing en land te wen (m.a.w. niks gaan Sjina toe soos aanvanklik gesê is nie). Ons is dus verantwoordelik en in beheer om die mense en programmatuur wat uitgesaai moet word te bekom. Daar is gelukkig reeds baie materiaal beskikbaar waarmee ons kan begin en baie gemeentes wat gaan saam poel om materiaal te skep. Wat die organisatoriese struktuur van die stasie betref sal AWR vir ons ‘n bloudruk stuur wat ons kan aanpas volgens ons behoeftes.

Die stasie gaan uiteindelik parallel werk met ‘n Centre of Digital Evangelism (CDE) wat gaan bestaan uit jong mense / vrywilligers wat kontakte opvolg en hanteer via sosiale media.

Die hele proses werk kortliks as volg:

a. Ons saai uit op die internet. Net mense wat die internetskakel het kan inskakel om te luister. Dit laat ons toe om klein te begin en oor die komende 4-6 maande geoefen te raak en alles en almal mooi in plek te kry terwyl ons die stasie bemark en ons gehoor groei.

b. Saam met die uitsending gaan ‘n kontaknommer gegee word waardeur mense d.m.v. ‘n bestaande selfoon app kontak kan maak en mee opgevolg kan word via die CDE.

c. Sosiale media (Facebook, twitter, whatsapp, telegram) gaan ‘n kritiese rol in die bemarking van die stasie speel. Soos Kyle Allen van AWR dit gestel het – Jesus het mense ontmoet waar hulle was, en vandag is mense op sosiale media.

d. Die hoofdoel, AWR se leuse – Broadcast to Baptism. Uitsending alleen is nutteloos as ons nie met die luisteraars kan opvolg om hulle vir doop voor te berei nie.

Oorblywende fases van die bouwerk:

AWR se Kent (Vise President vir Finansies) het beloof dat hulle nog geld sal skenk as hulle sien dat die gemeente en mense betrokke raak, die stasie groei en die behoefte daar is vir nog fasiliteite.