Logo Edited 2.png
Banner 3.png

Alfa-Eden Tutorsentrum is ‘n privaat Christelike tutorsentrum in die Pretoria Moot omgewing. Die sentrum is gekoppel aan Impaq afstand leerprogram wat die basis vorm van die akademiese inhoud. Hier word top gehalte akademiese onderwys aangebied in klein groepies met baie individuele aandag. Leerders word nie net akademies opgelei nie, maar ook fisiek deur ons "Fitness Fun" program, sowel as sosiaal en emosioneel. 'n Veilige omgewing word gebied om hulself uit te leef. Ons program word saamgestel uit beide die CAPS kurrikulum en Bybelse onderwys riglyne met Jesus as ons middelpunt. Hierdie twee-ledige benadering verseker top-gehalte holistiese opvoeding.