DVD.png
 

Die oogmerk van die DVD Bediening Evangelisasie Projek van die Sewendedag Adventiste Kerk is om die Moot area geestelik op te bou deur middel van die sistematiese huis tot huis verspreiding van DVDs. Die fokus is om die nimmer eindigende liefde van God vir al Sy kosbare kinders duidelik na vore te bring, asook om die spoedige wederkoms van Sy Seun, Jesus Christus, met oortuiging te verkondig. ‘n Loods DVD tesame met ‘n pamflet met items wat beskikbaar is, word gereeld versprei en in opvolg van versoeke word die verlangde items tuis afgelewer. Genoemde items sluit in ‘n groeiende aantal DVDs, CDs, MP3s en lektuur.

 

Kliek om te vergroot